Chartreuse (likeur)

Chartreuse
Schapps
Elixir Végétal de la Grande-Chartreuse

Chartreuse is 'n likeur wat vernoem is na die kartuiserklooster in die Franse Alpe en geproduseer word deur die Kartuisers van die Grande Chartreuse, wat in die omgewing van Grenoble geleë is. Dit is beskikbaar in geel en groen weergawes, wat verskil wat die smaak en die alkoholiese inhoud daarvan betref.[1] Die drank word gemaak van 130 verskillende plante, (Alpe)kruie en speserye. Alle likeure bevat dieselfde 130 kruie, maar verskillende weergawes word gemaak, wat onderskei word deur verouderingswyse en -duur, smaak, alkoholiese inhoud, en die verhoudings van die verskillende kruie. Die basis van die likeur is die "elixer", wat steeds gemaak word volgens 'n komplekse resep uit 1605. Die woord "Elixir" is afkomstig van Arabies en beteken "die steen van die filosoof". Chartreuse-likeurs is van die mees komplekse produkte in die drankbedryf.

Daar is 'n paar variëteite, waarvan die rypwording ongeveer 4 tot 12 jaar duur:

  • Geel (40%)
  • Geel (42%) v.e.p. (viellissement exceptionellement prolongee)
  • Groen (55%)
  • Groen (54%) v.e.p.
  • Liqueur du 9° Centenaire (47%)
  • Chartreuse 1605 (56%)
  • Elixir Végétal de la Grande-Chartreuse (71%)
  1. Harold J. Grossman and Harriet Lembeck, Grossman's Guide to Wines, Beers and Spirits (6de uitgawe). Charles Scribner's Sons, New York, 1977, pp.378–9. ISBN 0-684-15033-6

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search